Komatipoort-baba uiteindelik geregistreer

Argieffoto

Ná verskeie kritiese mediaberigte, het die departement van binnelandse sake ʼn vroeggebore baba uiteindelik geregistreer.

Abraham Jacobus (Jaco) Smith is slegs sewe maande na sy boetie gebore. Die ouers van die drie maandeoue baba het maande lank gesukkel om ʼn geboortesertifikaat vir hul seuntjie te bekom, het Beeld Woensdag berig.

Braam (43) en sy vrou, Suzette Smith, van Komatipoort in Mpumalanga, is deur ʼn regeringsamptenaar by die mobiele kantoor van die departement van binnelandse by die hospitaal aangesê dat hulle nie die seuntjie kan registreer nie. Die stelsel maak glo nie voorsiening vir meer as een baba per jaar per ouerpaar nie.

ʼn Dag ná mediaberigte oor die saak het ʼn amptenaar van die departement met die ouers in verbinding getree en gesê hulle kan die geboortesertifikaat kom oplaai. Braam sê dit was ʼn groot verligting om uiteindelik die geboortesertifikaat binne die 90-dae sperperiode van die mediese fonds te bekom. Sonder die sertifikaat sou die gesin sowat R1 miljoen uit hul eie sak moes opdok om die neonatale hoësorgeenheid se faktuur te betaal.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.