ʼn Studie deur dr. Donna Cawthorn, ʼn voedselwetenskaplike aan die Universiteit van Stellenbosh, het bevind dat 68% van vleismonsters wat sy tydens ʼn onlangse studie geneem het, nié ooreenstem met die vleis soos op die etiket aangedui is nie.
Cawthorn het 139 vleismonsters van verskeie slaghuise in Gauteng, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap geneem, en met 95 van dié monsters het die vleis nie met die spesie, soos aangedui, ooreengestem nie, berig The Cape Times.
DNA-toetse het veral aangedui dat in die meeste gevalle, wors vleis bevat het wat nie op die etiket aangedui was nie. Vark en hoender was die mees onverklaarde spesies in dié opname en was as bees of lam aangedui, wat aansienlik duurder is. In sommige wors is bok- en buffelvleis gekry. Wat verder kommer gewek het, is dat in sekere Moslem-gebiede wors verkoop is wat vark ingehad het, wat teenstrydig met Moslems se geloof is om te eet.
Die uitslae is teenstrydig met die nuwe verbruikersbeskermingswet wat verbruikers teen misleidende produkte beskerm.
Cawthorn het haar bevindinge verlede week aan die SA Association for Food Science and Technology in Kaapstad bekend gemaak. Die titel van haar voorlegging heet, “Is there horse in my wors?”.
ek is meer bekommerd of is dit soap of is dit goat? Ons het gereeld die afgelope paar maande gevind dat daar een of ander ontsmettingsmiddel in die maalvleis is. Ons was dus die vleis in water totdat daar nie meer seepborrels uit kom nie, voordat dit gaargemaak word. Geen mens weet watse vleis dit is nie.