Kommer heers oor misleidende vleisprodukte

ʼn Studie deur dr. Donna Cawthorn, ʼn voedselwetenskaplike aan die Universiteit van Stellenbosh, het bevind dat 68% van vleismonsters wat sy tydens ʼn onlangse studie geneem het, nié ooreenstem met die vleis soos op die etiket aangedui is nie.

Cawthorn het 139 vleismonsters van verskeie slaghuise in Gauteng, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap geneem, en met 95 van dié monsters het die vleis nie met die spesie, soos aangedui, ooreengestem nie, berig The Cape Times.

DNA-toetse het veral aangedui dat in die meeste gevalle, wors vleis bevat het wat nie op die etiket aangedui was nie. Vark en hoender was die mees onverklaarde spesies in dié opname en was as bees of lam aangedui, wat aansienlik duurder is. In sommige wors is bok- en buffelvleis gekry. Wat verder kommer gewek het, is dat in sekere Moslem-gebiede wors verkoop is wat vark ingehad het, wat teenstrydig met Moslems se geloof is om te eet.

Die uitslae is teenstrydig met die nuwe verbruikersbeskermingswet wat verbruikers teen misleidende produkte beskerm.

Cawthorn het haar bevindinge verlede week aan die SA Association for Food Science and Technology in Kaapstad bekend gemaak. Die titel van haar voorlegging heet, “Is there horse in my wors?”.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danel Muller ·

ek is meer bekommerd of is dit soap of is dit goat? Ons het gereeld die afgelope paar maande gevind dat daar een of ander ontsmettingsmiddel in die maalvleis is. Ons was dus die vleis in water totdat daar nie meer seepborrels uit kom nie, voordat dit gaargemaak word. Geen mens weet watse vleis dit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.