Kommer na verdagte op gratis borg vrygelaat word

jail_barsDie polisie in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek nadat ʼn man wat van moord en roof beskuldig word op gratis borgtog vrygelaat is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê Sanele Godfrey Sambo (22), ook bekend as “Spykos”, is Vrydag in die Kabokweni-landdroshof op gratis borgtog vrygelaat. Sambo staan tereg op twee aanklagte van moord, een van sakeroof en twee aanklagte vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Sambo is in Junie verlede jaar in Prinsloostraat, Pretoria in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Lt.genl. Thulani Ntobela, provinsiale polisiekommissaris, het Maandag sy kommer uitgespreek oor Sambo se vrylating. “Die polisie het onvermoeid gewerk om te verseker dat die verdagte in hegtenis geneem word nadat hy van sy bose optrede weggehardloop het. Ek is baie teleurgesteld oor die vrylating en sal ondersoek instel oor of daar enige onregverdige samespanning, hetsy deur die polisie of enigiemand, was ten einde uit te vind wat gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lanie ·

Dis beslis nalatigheid v d landdros ! En vandag gaan hy weer voort en moor en verkrag iemand ! Die regstelsel moet beslis hersien word want dis ‘n grap ! Kriminele regeer die land !

Theresa ·

Weer ‘n bewys van onbevoegde idiote in poste. Weet nie wat om hulle aangaan nie. Kry die salaris elke maand en ons land is in sy &^%$$*& in.

Basie B ·

Ek stem saam.Sal natuurlik wou sien watter tugstappe teen hierdie landdros ingedien sal word ??

Dan ·

‘n Moordenaar kry borg, maar die man wat na bewering een van Zuma se (talle) vroue gedreig het, mag nie borg kry nie. Wat ‘n sirkus! Die grootste sirkus in die geskiedenis van die mensdom. Werklik ‘n “demokratiese” land hierdie.

Theresa ·

Ek stem saam. Ek kan net indink hoe oorsese lande vir hierdie Sirkus van ons lag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.