Kommunikasie nog tot môre ontwrig

Solar flare1Satellietkommunikasie soos DStv, die internet, selfone, GPS en radio’s kan nog tot Vrydag ontwrig word, na ‘n sterk X-straal-sonfakkel die aarde se magneetveld vanoggend om nege-uur getref het, en ‘n geomagnetiese storm ontketen het.

Die uitbarsting op die son het reeds op 7 Januarie plaasgevind.

Lewe op aarde word glad nie bedreig nie, omdat die aarde self deur ‘n magneetveld beskerm word, aldus die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap, Sansa.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heidi ·

Dankie Herman. Hier is ‘n skakel na ‘n potgooi van ‘n insiggewende gesprek wat ek vandag daaroor gehad het met navorser Dr Pierre Cilliers van die Nasionale Direktoraat van SANSA http://www.whalecoastfm.co.za/podcasts/Science%20and%20Technology op Whale Coast 96FM. Ek sou almal aanraai om daarna te gaan luister, want dit help ons om die tegniese- en kommunikasieprobleme soveel beter te verstaan. Groetnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.