Kondome help nie vir artritis nie, sê departement

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid moes Dinsdag vinnig ingryp ná ʼn woordvoerder glo verkeerdelik in ʼn koerantberig aangehaal is dat die smeermiddel in kondome artritis-lyers kan help.

“Daar is geen wetenskaplike bewyse dat die smeermiddel artritis kan genees nie, en ons doen ʼn beroep op die publiek om nie kondome vir enige ander doeleindes te gebruik as dít waarvoor dit bedoel is nie,” het Joe Maila, woordvoerder vir minister Aaron Motsoaledi, aan Sapa gesê.

The Times het Dinsdag berig dat die LUR van gesondheid in Mpumalanga artritis-lyers gemaan het om nie kondome op hul seer gewrigte te smeer nie. “Sy het hulle versoek om te stop, aangesien kondome vir iets anders gebruik word as om oor die knieë te vryf,” het Ronnie Masilela, woordvoerder vir LUR Candith Mashego-Dlamini, gesê.

ʼn Ouma van Kaapstad, wat nie haar naam wou bekend maak nie, het glo aan The Times gesê dit is nie ʼn geneesmiddel nie, maar dit verlig die pyn.

ʼn Kranige stapper in Johannesburg het gesê hy trek kondome oor sy noodhulpstelletjie. “My vrou was ontsteld toe sy op die kondome afkom, maar mens kan water daarin dra,” het hy aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.