Koning Charles se kroningsparade in foto’s

Koning Charles III en koningin Camilla. (Foto: Loic Venance/AFP)

Die Verenigde Koninkryk se koning Charles III is Saterdag amptelik gekroon tydens ʼn glansryke seremonie vol prag en praal by Westminster-abdy in Londen.

Die kroning – ʼn simboliese samekoms van die monargie, kerk en staat – is deur lede van verskeie koninklike families, buitelandse hooggeplaastes, politici en selfs lede van die Britse publiek bygewoon.

Hier is ʼn opsomming van dié geskiedkundige dag in foto’s:

1. Popsanger Katy Perry pronk in pienk.

Die Amerikaanse popsanger, Katy Perry. (Foto: Twitter/@Vogue)

2. Soldate, onder wie ʼn koninklike vlootoffisier en ʼn vlagdraer, het flou geword terwyl hulle gewag het om aan die optog terug na Buckingham-paleis deel te neem.

(Foto: Loic Venance/AFP)

3. Prins Harry het nie by sy broer, prins William, in die voorste ry gesit nie, maar eerder by sy niggies, prinsesse Eugene en Beatrice.

Die koninklike familie in Westminster-abdy. (Foto: Yui Mok/AFP)

4. Catherine, die prinses van Wallis, het treffend in ʼn silwer kopstuk en wit Alexander-skepping gelyk. Sy het pêreloorbelle van prinses Diana daarby gedra.

Catherine, die prinses van Wallis, arriveer by Westminster-abdy. (Foto: Odd Andersen/AFP)

5. Prins William, die prins van Wallis, gee sy pa ʼn kus nadat hy as deel van die seremonie beloof het om sy pa as die monarg te ondersteun en dien.

Prins William, die prins van Wallis, gee sy pa ‘n kus. (Foto: Yui Mok/AFP)

6. Prins Edward en Sophie, die nuwe hertog en hertogin van Edinburgh, saam met hul kinders, lady Louise en James, die nuwe graaf van Wessex. Die hertog en hertogin se koninklike pligte en rolle het meer prominent geword ná prins Harry en Meghan Markle se uittrede.

Die hertog en hertogin van Sussex en hul kinders. (Foto: Odd Andersen/AFP)

7. Die vierjarige prins Louis se kenmerkende kwinkslae en kostelike gesigsuitdrukkings het nie teleurgestel nie.

Prins Louis van Wallis. (Foto: Oli Scarff/AFP)

8.  Die goue jubileumkoets het uitgestaan tussen die skare.

Die jubileum-koets. (Foto: Twitter/@The Royal Family)

9. Die skare voor Buckingham-paleis.

Die skare voor Buckingham-paleis in Londen. (Foto: Bruce Adams/POOL/AFP)

10. Koning Charles III gee een laaste wuif aan die skare en sluit daarmee die dag se amptelike verrigtinge af.

Koning Charles III nadat hy vir die skare op die balkon van Buckingham-paleis gegroet het. (Foto: Daniel Leal/AFP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Chris ·

Wat ‘n vermorsing – hulle voorsate se uitmergeling van ons land en sy mense sal ons altyd onthou – dit staar ons immers steeds indie oog met al die miniraal-regte wat Charles se hanteerders steeds vir hulself toegeeien hou.

Gaitsigubib ·

Apartheid moet, soos enige ander geskiedenis, nie vergeet of verdraai word nie. Dit moet akuraat oorvertel word sonder elemente van sensasie wat dit verdraai. Dit moet ook nie voorgehou word vir ander se tekortkominge, obevoegdhede en kriminele neigings nie nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Britte het apartheid uitgevind. Wit mense hier het dit net toegepas.

Jacques ·

Ja, die Britse kroon en sy sakekonneksies het ons land en ander lande darem maar geweldig gekos aan mense lewens, self beskikking en armoede. Stroop ons land tot vandag toe nog .

George ·

Tog wil al wat n afrikaner is die ou vlag rondswaai wat die UnionJack op het, wat Engeland insluit.

Chris ·

Hul het nog alle volke se lojaliteit aangeraak met simboliek – mense word maklik meegevoer met emosionele sentiment. Wat egter opmerksaam is dat daar 9 negatiewe punte toegeken is teen die stelling – Maroela Media het moontlik ‘n klomp interne “Trolle” wat sekere mense begin teiken.

Madelein ·

Behalwe Prinses Diana was die royals vir my nog altyd maar net n klomp narre.

JvR ·

Sy was ingebring omdat daar te “noue familie bande” was en die bloed moes gesuiwer word. Onthou. Kwien Lettie was n duitser. Haar prinsie was n griek. En beide was agterkleinkinders van kwien vicci

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n 74 jarige oupa was só opdress met daai kroon op sy kop lyk wragtig nie goed nie.

Niklaas ·

Ek het nog altyd die seremonies en tradisionele ootredes geniet. Tot Harry en Meghan dit kom bederf het.

Ester ·

Charls kon ten minste sy hare gesny en netjies gekam het… Die hele afere is ‘n grap en vermorsing van geld wat baie beter iewers anders aangewend kon word.

George ·

die “geldmorse” het meer as £360mil ingebring. Die Queen se begrafnis was ook rondomby £100mil

melaney ·

Ek glo Charles se dag is gemaak toe hy uiteindelik sy vrou ‘n koningin kon maak.

Marcello ·

Ja, sy vrou waarmee hy egbreek gepleeg het, en dit sê maar nie baie van sy ouers dat hulle dit goed gekeur het nie. Hy is veronderstel om ‘n voorbeeld vir sy volgelinge te wees, maar wat ‘n slegte voorbeeld is hy vir hulle??

Elize ·

Hoe verfrissend om sulke dissipline en orde te kon sien. Ek geniet nog al die jare die koninklikes. Hulle werk ook hard om geld in te bring vir Engeland. Hier by ons is ‘n magdom konings en doen niks anders as bakhand sit en demand nie. Ek gee nie om as elke stam ‘n koning het nie maar dan moet hulle self vir hulle sorg. Dit pla my dat ek as belastingbetaler daartoe moet bydra. Dit is nie my koning nie.

Amelia ·

Ja, regtig. Ek beny hulle hoegenaamd nie daardie lewe nie en dank my sterre dat ek in ‘n gewone huis gebore is. Ek stel my private tyd baie hoog op die prys en sou bitter ongelukkig wees as ek geen keuse gehad het as om die alewige funksies, fondsinsamelings en dies meer by te woon nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Luister swaer, ek het baie welsynswerk onder arm wit mense gedoen toe ek nog in Pretoria gewoon het. Harde werk op die grond. Nie funksies en handjies skud nie. Dit was ten spyte van ‘n voldag se normale werk. Terloops, daar werk meer as 1 000 staatsamptenare in die monarg se administrasie Hulle doen die voetwerk.

kaplyn ·

Jy praat nonsens. Die amptenare wat vir die koningshuis werk is deur die koningshuis aangestel en word deur die koningshuis betaal met die geld wat hulle verdien uit hulle plase (hertogdomme). Die monargie kos die 14 miljoen Britse belastingbetalers 18 miljoen pond per jaar. Dit beteken dat dit die 14 miljoen belastingbetalers 1 pond 50 per jaar kos. Vergelyk dit ‘n bietjie met jou president en sy amptenare se salarisse elke jaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Twak. Baie jare gelede het ek met ‘n meisie uitgegaan wat in die monarg se administrasie gewerk het. Sy en haar kollegas se salarisse is deur die staat betaal. Onthou net, daar noem hulle alles “crown” wat verwarrend is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die staat dra amper £90 miljoen by tot die monarg se begroting. Dis vir die koninlikes vergoeding, sekuriteit, voertuie, administrasie, voedsel, meubels, reis en verblyf, en ander lopende uitgawes. Die kostes om die kastele in staatsbesit te onderhou en amptenare se salarisse word deur die staat betaal. Die firma besit wel hul eie plase en die belasbare inkomste daaruit word gebruik om hul persoonlike wonings en paleise te onderhou, en hul gewone werkers se salarisse te betaal.

BigBen ·

Die werklike nuus is dat duisende Britte in Brittanje met geweld verwyder was wat betoog het teen die kroning.

Hul slagspreuke was “Nie my koning nie” en “vryheid van spraak”.

Soos almal behoort te weet is koning Charles ‘n ondersteuner van die Great Reset asook die WEF se omstrede plan om die wêreldbevolking te verminder.

piet ·

Tradisieryk en simbolies. Eerste kroning was reeds amper 1000 jaar terug, Simbolies baie uniek en ook emosioneel by tye. Vir my was die hoogtepunt toe hulle die afskortings opgesit het. Net voor dit het hulle gewys hoe Charles se koningskleed afgehaal word sodat hy as “gewone man” voor die Almagtige neerkniel. Dis wat gebeur het binne die afskorting. Weet nie hoekom die afskorting daar was nie maar ek raai dat die koning se “onderdane” nie die koning se “vernedering” moes sien nie.

Nommer 7 ·

Netso. Die tradisies is ongelooflik. Charles sit op ‘n stoel wat gebruik was vir die kroning van Koning Edward II in 1308.

Anel ·

Ek het van die skouspel gehou. Dieselfde met die begrafnis. Die disipline, die netheid die sinkronisasie! Alles! Dink net hoe sou dit hier gegaan het. Die chaos! Hier kan hulle nie eers ‘n klein staatsbegrafnis met respek handteer nie! As ‘n president ingehuldig word deesdae is dit die grootste sirkus wat jy jouself kan indink! Geen statigheid nie. Vroëer was die inhuldiging in die kerk gedoen, voor God, geweid en statig. So, los die Britte. Ons het geskiedenis gesien, geweid en statig. Iets waarvan ons net kan droom!

Gaitsigubib ·

Ek onthou Charls en Diana se troue soos gister. Ouma het haarself verbeel sy is bloedverwant aan die queen, wat volgens my nie juis n kompliment was nie. Sy en haar vriendin Janie was vasgenael voor die TV. Een van haar kommentare aan Janie was: “ek wonder hoeveel mense gaan nog die moeite doen om na dit te kyk, Janie?” Ek weet nie waarom moes hulle die moeite doen nie, maar ek het geweet wanneer ek my mond moet hou. Nou dat ek terug kyk, kan ek egter sien dat Charles nie sy woord kon hou teenoor sy vrou en ten aanskoue van die hele wereld het hy haar van die begin af bedrieg. As n koning se woord niks beteken nie, hoe moet mens hom dan respekteer?

Republikein in die Wes Kaap ·

Eish, dan kniel hy nog en soen die Woord van God. Bravo Liverpool!

Hennie ·

Ou suurknol Charles, met sy ongeduldig heid. Liplesers het hom lekker uitgevang terwyl hy in die koets gesit en wag het om in die kerk te gaan. Was sy skoenveters dalk nie reg gestryk nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Op 74 het sy seker ‘n paar kledingstukke in die paleis vergeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.