Koning Mswati kies sy 15de vrou

Koning Mswati III

Koning Mswati III

Koning Mswati III van Swaziland het die 18-jarige Sindiswa Dlamini as sy 15de vrou gekies.

IOL berig dat Dlamini Saterdag tydens die jaarlike rietdans, waar duisende Swazi-meisies kaal bolyf vir die koning dans, gekies is. Dlamini word nou na verwys as liphovela (koninklike verloofde). Dlamini sal in afsondering in een van die koning se paleise woon tot sy en die koning volgende jaar tydens ʼn privaat seremonie sal trou. Volgens berigte het Mswati minstens 24 kinders by sy 14 ander vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tokkie ·

Die wêreld is al so oorbevolk – kan die koning en ander soos hy wat so aanteel hulle nie net eers laat steriliseer nie? Dan kan hy maar soveel vroue vat as wat sy kultuur toelaat, maar hoef ons nie pa vir sy telge te staan nie.

Erich Goosen ·

Sy Majesteit stuur nou weer ‘n verkeerde boodskap aan die Groot Spies. Laasgenoemde het nie verniet sy harem by Nkandla so vergroot met belastingbetalers se geld nie. Ek dink die twee lande moet ophou diplomate uitruil en nou maar net konkubines uitruil. Dit kan geskied op die basis van hoe uitruilstudente funksioneer,.Die twee haremheerswers moet ook besef dat poligame huwelike nie soos ‘n Formule 1 wedren werk nie. Jy kan nie net so dan en wan ‘n pitstop in die kuipe maak nie en dink alles is honky dory nie. Geen wonder party van die aunties het in die verlede al begin lywelik raak met die lyfwagte nie!

Dinknet ·

As n klomp jong maagde voor ENIGE blanke man moet kaalbolyf dans gaan die wêreld skree: “Kindermishandeling! Seksuele teistering! Pedofiel! Molestering!” Maar hier kyk almal toe en glimlag en noem dit: “Kultuur”!

Trippie ·

Nee gits Willy, ek verstaan nie – na watter hindernis verwys jy ?

Moenie lelik pratie, ek’s nog jonk en onskuldig. Eendag is ek ook iemand se liphovela ! Die woord klink nogal, uhmm, suspect.

Trippie ·

Watse ge-seesaw izzit met jou !

Ek worry oor die getjierie-tjierie … soos ouma se ou kateltjie he he

Willy ·

Haha en die lyntjie om die groottoon in ouma en oupa se tyd. Bedags mooi opgerol en gebêre in die jonkmanskas.

Seg Net ·

Dag seg almal. Word dit nie in die Blanke gemeenskap as strippers skou nie? Ek in hulle kultuur as virgins. Ek was onder die indruk daar is ‘n groot verskil. Ons betaal ten duurste om te gaan kyk en hulle doen dit verniet? Kom ons verander ook ons kultuur, maar net die betrokke stukkie.

Pieter Potgieter ·

More al die vriende. Ek stem erg is darem te erg. Dink nou net as ons wit manne n klompie van ons mooi meisies kon trou dan hoef ons nie te werk nie. Hulle kan gaan werk en die geld elke maand vir die man gee. Ons manne is mos minder as vrouens. Terselfde tyd groei ons volk en ons manne sal elke aand tuis wees te moeg om uit te gaan. Hahaha ha

Trippie ·

SegNet – hierdie een is vir jou – verkeerd geplaas onder PP se naam.

Genugtig, lees ek strippers as trippers … hehe !

Trippie ·

Pieter, dit sal nooitie werkie … kan jy dink as die spulletjie mekaar aan die korthare beetkry om die plek langs die baas te kry vir die aand … my beurt, issie, my beurt !

Neeeeeee, my goed is my goed – ek share niks.

Seg Net ·

Nou raak die party rof. Is hulle nou al onderstuk loos ook dat die kort hare ter sprake kom. Dit is rowwer as die koning se lot wat net bostuk loos dans.

Trippie ·

Whahahaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa – nie so daaraan gedink nie – belowe dit was nie die bedoeling nie !

Rudi ·

Nice boobs, King Mswati! Vergeet die arme meisies wat vir hom dans, die koning is die een wat ‘n bra die nodigste het!

vuurvreter ·

Goeie genade Trip ek sal mos party met 14 vrouens. Joke net. Ek kan amper glo hy en Zumpie is broers. Want Zumpie het een van die dae meer vrouens as hy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.