Koningin Elizabeth se oudste hondekind sterf

Koningin Elizabeth saam met haar corgi's en die James Bond-akteur, Daniel Craig. Foto: BBC

Koningin Elizabeth se 13-jarige corgi Monty, wat sy lyf verlede maand nog tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele akteur gehou het, is dood.

The Telegraph berig dat Monty voorheen deur die koninging-Moeder besit is voor haar dood in 2003. Koningin Elizabeth en drie van haar corgi’s – Willow, Holly en Monty- het verlede maand in ʼn video saam met die James Bond-akteur, Daniel Craig, verskyn wat tydens die Olimpiese Spele se openingseremonie vertoon is. Die koninging besit ook nog twee corgi’s genaamd Candy en Vulcan. Die corgi’s is almal afstammelinge van ʼn hond genaamd Susan, wat koningin Elizabeth persent gekry het op haar 18de verjaarsdag. Die ras word sedert 1933 met die koninklike familie geassosieer nadat Koning George VI sy eerste corgi genaamd Dookie gekoop het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.