‘Konings’-akteur dood aangetref

Nico Liebenberg. Foto: Verskaf

Nico Liebenberg. Foto: Verskaf

Die akteur Nico Liebenberg (58) is Sondag dood aangetref naby sy huis in Orchards, noord van Pretoria, nadat hy Donderdag vermis geraak het.

Liebenberg se broer, Rudi, het aan Maroela Media gesê sy broer het Donderdag gaan fiets ry en nie weer teruggekeer huis toe nie. Sy liggaam is Sondag sowat ʼn kilometer van sy huis af gevind. Hy het sy eie lewe geneem. Liebenberg was bekend om sy rol as Pieter Groenewald in die TV-reeks Konings. Hy het ook in talle verhoogstukke gespeel. Liebenberg word oorleef deur sy lewensmaat, sy drie kinders, sy ma, suster en broers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Linda ·

Ek is sommer KWAAD as ek sulke berigte lees – die probleme wat jy veroorsaak deur SELFDOOD is meer as die probleme wat jy het. Dis darem erg as iemand vra waar is jou pa? “Hy is dood” ” O, wat het gebeur? …….DInk assebllief voor jy selfmoord oorweeg – kry hulp bel Life Line 24 uur aan diens & daar is so baie plek waar mense na jou sal luister! My hart gaan uit na die families in sulke situasies – onthou net julle kon niks doen om dit te verhoed nie – mens kan sulke mense nie 24 uur dop hou nie – dit was hulle KEUSE! Baie sterkte ook aan almal wat hierby bertokke is.

Mev le Roux ·

Ag dis verskriklik hartseer! Depressie is n aaklige siekte. Ek is ook bitter jammer vir sy twee dogters wat hy by Trudie Taljaard gehad het. Nou is albei hul ouers oorlede. Siestog dat n mens sooo erg depressief kan raak dat jy geen lig meer kan sien nie. Ek bid vir sy hele familie

AmY ·

Ek het dieselfde probleme. Depressie EN geldelike probleme. Ek kom nou skaars met my karige bank-salaris klaar, en nou wil hulle 50kilometer verder wegtrek. Waar gaan ek R1500+ meer in ‘n maand vandaan kry?

O ja ek weet: GEEN KOS!!!

So ja, op hierdie oomblik lyk selfmoord ook vir my na die enigste oplossing. Ek het nie ‘n man en kinders nie, en ek weet daar sal na my ma gekyk word as ek iets oorkom.

Gaan enigiemand my kwalik neem as ek selfmoord pleeg omdat my Maarskappy niks vir my voel nie en redes soek om nie verhogings (wat laas jaar met my gebeur het) te gee nie????

petro ·

Amy, ek bid vir jou! Die Here sal weer vir jou uitkoms gee. Ek weet dit klink soos lee woorde, maar glo daarin! Kyk na wat positief is in jou lewe en konsentreer daarop! Ek praat uit ondervinding! Sterkte!

Jess ·

Sterkte aan die familie.
My Pa het 2 Desember 2013 homself geskiet. Ek is nie kwaad nie – ek weet hoekom hy dit gedoen het. Hy was laaank siek en daar was geen hoop dat hy gesond sou word nie. Die laaste paar dae van sy lewe het hy ‘n skielik terugslag gehad. Baie erg om te dink my wonderlike trotse sterk Pa het so erg agteruit gegaan dat hy tot sy besluit gekom het.
Maar ja. Die vra wat mense vra – en die oordeel in hulle oë …

kraalmuur ·

@AmY

Jou lewe is kosbaar en daar is ‘n Duur Prys voor betaal. Moenie jou lewe vir ‘n maatskappy offer nie, Hulle sal niks voel daarvoor nie en hulle is dit nie werd nie. As jy kan, kry vir jou ‘n ander maatskappy of werksgeleentheid om in jou behoeftes te voorsien. Elkeen van ons is vir ‘n doel op aarde. Deel van die doel is om ‘n positiewe verskil aan die wereld en aan ander mense se lewens te maak of om iets te vermag wat niemand anders kan nie. Onthou, daar is net een van jou op aarde en net jy kan daardie een wees. Jy is meer werd en tot meer in staat as jou maatskappy.

Ria Maritz ·

Dis baie ware woorde wat jy hier spreek – aan die ander kant, dis vandag baie moeilik vir ‘n blanke om werk te kry, en veral as mens nog gevorderd is in jare … !

Ria Maritz ·

Amy – NEE, DUISEND MAAL NEE ! Ek verstaan 100% hoekom jy voel soos jy voel – MAAR ASSEBLIEF … ek wil by jou pleit om daardie gedagte uit jou kop te kry – daar SAL uitkoms wees.

BYT VAS !

NS: Ek sien altyd daarna uit om jou bydraes te lees hier op Maroela !

Ek stuur vir jou ‘n drukkie van bemoediging ! ;)

Ania ·

Amy,
jy reken dat jou ma versorgd sal wees, maar sal sy regtig ok wees as jy so iets sou doen? Ek dink sy sal gebroke wees. As vandag vir jou heeltemal donker lyk, hou uit, want die son sal beslis weer opkom. Soek jou toevlug in die HERE en Hy SAL vir jou uitkoms bring. Hy kon immers Sy seun uit die dood laat opstaan. Lees Matt 6:25-34

Andre van Blommestein ·

My vrou is verlede jaar oorlede aan ‘n hartaanval op ouderdom 43. Sy was borrelend vol lewe en het ook maar baie persoonlike probleme gehad wat sy elke dag met ‘n glimlag aangevat het. Jou lewe is die enigste werklike persoonlike ding wat jy het, wat jy daarvan maak is jou keuse. Jy het net een. Gebruik die tyd wat jy op aarde het na die beste, daar sal altyd ‘n uitkoms wees. Kyk bietjie na mense wat absoluut niks het nie,hulle lewe en gaan aan. Komaan Amy verander negatief in positief, begin by die klein goedjies daar is nog baie oor vir jou.

juan ·

Amy weet j wat mense wat selfmoord pleeg soek simpatie en selfmoord is so goed as wat j di Here aanvat en Sy plan wat Hy vir j het te verander dink aan mense wat j agter laat gaan j probleem j ma se hartseer en verlange kan weg vat dink man

Yolande ·

Nico Liebenberg het nie die karakter van Pieter Groenewald in Konings (of Torings) gespeel nie. Wie se karakter het Nico dan gespeel?

Amanda ·

Op die stadium kry ons finansieel baie swaar. Ons besit ‘n ou 1992 kar wat ons soveel probleme gee en ons verder ruineer. Ek kom menigtal laat in die oggende by my werk aan as gevolg van die kar wat met my gaan staan. Ek kry nie ‘n groot salaris om aansoek vir finasiering te doen nie, En my man is gesekwistreer. Dis ‘n bose sameloop van omstandighede. Ek het al by baie kere aansoek gedoen vir werk maar my ouderdom en velkleur tel teen my. Ek weet presies hoe Amy voel want ek het al met die bottel pille in my hand gesit om ook ‘n einde aan alles te maak. Toe sien ek my dierbare kleinkind se gesiggie voor my en dit was my redding. Daar is nie dalk ‘n barmhartige samaritaan wat ‘n betroubare kar het wat se paaiemente ek kan oorneem nie. Ek het nie ‘n deposito nie maar kan R2000.00 per maand bekostig. Ek kan nie bekostig om my werk te verloor nie. Groot asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.