Koninklike baba: Bedankings van prins William en Kate

Prins William en Kate Middleton, die hertog en hertogin van Cambridge

Foto’s volg onderaan die berig. Prins William en sy vrou, Kate Middleton, het die personeel van die hospitaal Dinsdag bedank ná die geboorte van hul seun.

“Dit gaan goed met ma, seun en pa,” het beamptes van die paleis Dinsdag bevestig.

“Ons bedank die personeel by die Lindo-vleuel en die hele hospitaal vir die merkwaardige sorg wat ons drie ontvang het. Ons weet dit was ʼn baie besige tydperk vir die hospitaal en ons bedank almal – personeel, pasiënte en besoekers – vir hul begrip tydens die geboorte,” het prins William en Kate Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Die babaseuntjie, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Maandagmiddag om 16:24 in St Mary’s-hospitaal gebore en het 3.8kg geweeg.

Camilla, die hertogin van Cornwall, het gesê dit is baie goeie nuus vir prins Charles. “Dis wonderlik vir die oupa. Hy is so wonderlik met kinders so hy gaan ʼn heerlike tyd op hande hê,” het sy gesê.

Gelukwensings vir die nuwe baba het van regoor die wêreld vir die egpaar ingestroom. Barack Obama het van Twitter gebruik gemaak om hulle geluk te wens: “So bly om die hertog en hertogin van Cambridge geluk te wens met die vreugdevolle gebeurtenis van die geboorte van hul eerste kind.”

Die HMS Lancaster het ook ʼn foto op Twitter gelaai om die egpaar geluk te wens (foto volg onderaan die berig).

Beamptes sê die egpaar en hul baba sal na verwagting die hospitaal Dinsdag om 17:00 verlaat, of Woensdagoggend.

Die amptelike kennisgewing van die baba se geboorte wat by Buckingham-paleis uitgestal is.

Die HMS Lancaster vier die geboorte van die baba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leoma lombard ·

Mag die baba jul soveel plesier bring nes sy ouma Diana aan ons gebring het. Jul is n pragtige paartjie en baba is geeerd om jul as sy ouers te he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.