Konsentrasiekampe: Slagoffers se name onthul

Die name van meer as 34 000 vroue, kinders en mans wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in Britse konsentrasiekampe gesterf het, gaan Dinsdag by die Voortrekkermonument in Pretoria onthul word. Dit vorm deel van die herdenking van 110 jaar sedert die oorlog tot ‘n einde gekom het.

Die onthulling is veral merkwaardig aangesien dit vroeëre syfers oor die aantal sterftes in konsentrasiekampe verkeerd bewys. Die sterftelys is opgestel na aanleiding van jarelange navorsing wat die navorser Celeste Reynolds oor die onderwerp gedoen het.

Volgens dr Dirk Hermann, voorsitter van Kraal-Uitgewers se direksie en adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is hierdie navorsing merkwaardig aangesien dit as’t ware die geskiedenis oor die Anglo-Boereoorlog herskryf. Vir meer as 100 jaar word daar geglo dat daar nagenoeg 27 000 vroue en kinders in konsentrasiekampe gesterf het, maar hierdie nuwe navorsing bewys dat die werklike omvang van sterftes in en as gevolg van die konsentrasiekampe met minstens 7 000 sterftes onderskat is.

Tydens dié geleentheid gaan ʼn nuwe boek oor konsentrasiekampe ook bekendgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.