Konstruksiewerk gestaak ná hyskraan deur winkel-dak val

Die hyskraan wat omgeslaan het. Foto: www.vertikal.net

Konstruksiewerk by die Golden Walk-winkelsentrum is tydelik gestaak om ondersoek in te stel nadat ʼn hyskraan Maandag deur die sentrum se dak geval het.

Mishack Magakwe, ʼn woordvoerder van die Gautengse departement van arbeid, het gesê konstruksiewerk is opgeskort tot die uitslag van die ondersoek bekendgemaak is.

Maroela Media het Maandag berig altesaam 23 mense is beseer, waarvan twee ernstig, nadat die hyskraan deur die Woolworths in die sentrum se dak geval het. Meeste van die mense wat beseer is, is werknemers van die winkel. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.