‘n Konstruksiewerker is Woensdag in Century City, Kaapstad, dood nadat hy in sloot beland en lewend begrawe is.
Derrick Banks, ‘n woordvoerder van ER24, sê die werker was glo besig met ‘n hamerboor op ‘n betonpilaar toe die ongeluk gebeur het.
Orlando Phiri, 33, het in die sloot beland toe steierwerk en die betonpilaar op hom geval het. Phiri het in die sloot, wat glo 1.5 meter diep is, geval waarna die sloot ineengestort het.
Die departement van arbeid ondersoek die voorval.