Kontant-transito-sektor onderteken ooreenkoms

Werknemers in die kontant-transito-sektor het ‘n ooreenkoms onderteken wat die staking in dié sektor tot ‘n einde bring.

Die Padvragbestuursvereniging (RFEA) se onderhandelings met vervoervakbonde duur egter voort, berig EWN. Die Motor Transport Workers’ Union (MTWU) het ‘n loonooreenkoms met die RFEA onderteken en vrese dat kontanttekorte by kitsbanke ervaar sou word, beëindig. Die werknemers sal volgende week terugkeer werk toe.

Vragmotorbestuurders staak reeds sedert Maandag om op ‘n loonverhoging van 12% per jaar vir die volgende twee jaar aan te dring.

Onderhandelings het Vrydag weer begin nadat ‘n dooie punt Dinsdag bereik is. Margretia Brown-Engelbrecht, woordvoerder vir die RFEA, het gesê die kontant-transito-werkers het ‘n loonooreenkoms geteken wat soortgelyk is aan verlede week se aanbod voordat die staking begin het.

Sekere dele van Kaapstad en Johannesburg het reeds kontanttekorte by kitsbanke aangemeld. Die Bankvereniging van Suid-Afrika het gesê nie alle dele van Suid-Afrika is beïnvloed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.