Kontantroof by Kaapstad-winkelsentrum

ʼn Onbekende bedrag geld en ʼn vuurwapen is Donderdagoggend tydens ʼn transitorooftog by die N1 City Mall in Goodwood, Kaapstad, gesteel, het die polisie gesê.

Twee veiligheidswagte het die winkelsentrum omstreeks 10:15 verlaat nadat hulle kontant vir ʼn kliënt onttrek het. Hulle is toe deur vier gewapende mans oorval, het kaptein Frederick van Wyk gesê. Die mans het die kontantboks en vuurwapen by die wagte afgeneem. Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie, het Van Wyk gesê. Die rowers het in ʼn wit Nissan 1400 bakkie gevlug. Teen Donderdagmiddag was niemand nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek en enigiemand met tersaaklike inligting word versoek om met die polisie in verbinding te tree. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.