Konyne “ontpop” as argeoloë en kry “goudmyn”

konyne‘n Kolonie konyne het met hul tonnelgrawery ‘n “goudmyn” van argeologiese skatte ontdek wat so ver as agtduisend jaar gelede in die laat Steentydperk terugdateer.

“Die kanse dat konyne so ‘n fonds sou kon maak is een uit ‘n miljoen” sê Dean Paton, die hoof van die span argeoloë wat die terrein moet ondersoek wat deur die konyne “ontdek” is.

Die terrein is op die grens van Cornwallis.

Dit is op ‘n heuwel met ‘n asemrowende uitsig, wat klaarblyklik duisende jare lank deur mense as ‘n begraafplaas gebruik is. Uit die laat Steentydperk is onder meer pylpunte en skrapers saam met die grond uitgedolwe. Dit lyk of daar grafheuwels uit die Bronstydperk is, en ‘n fort uit die Ystertydperk.

Die argeologiese opgrawing (deur mense) sal sowat twee jaar duur.

Intussen lyk dit nie of die konyne gesteur gaan word nie. Hulle blyk heel nuuskierig te wees, en kom loer kort-kort wat die argeoloë aanvang. Wanneer die projek afgehandel is, word beoog om ‘n “bunny trail” vir kinders te skep.

Die volledige artikel in die Independent kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.