Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie

Norman Tloubatla. Foto: iAfrica

Norman Tloubatla. Foto: iAfrica

Die koper van Julius Malema se luukse huis in Sandown, Johannesburg wou nie kommentaar lewer op berigte dat hy glo nie die huis kan bekostig nie, berig die Sunday Times.

“Ek stel nie belang om met die media te praat nie,” het Norman Tloubatla aan die koerant gesê. Volgens die berig sal die huis weer in die mark gesit word aangesien Tloubatla, wat ʼn R1 miljoen deposito vir die huis betaal het, nie daarin kon slaag om die volle bedrag bymekaar te kry nie. Tloubatla het in Mei vanjaar op ʼn veiling R5,9 miljoen gebie vir die huis. “Hy kon nie die balans betaal nie so die likwidateurs gaan die huis weer moet verkoop,” het ʼn bron aan die Sunday Times gesê.

Daar is intussen ook glo op van Tloubatla se bates beslag gelê om R184 000 aan voormalige werknemers, wat glo onbillik ontslaan is, te betaal. Die arbeidshof in Johannesburg het die beslissing gemaak nadat Tloubatla glo ʼn bevel van die Metaal-en Ingenieurswese Bedingingsraad verontagsaam het. Die bedingingsraad het beveel dat Tloubatla sewe werknemers wat hy verlede jaar afgedank het, moet heraanstel en betaal. Tloubatla is die uitvoerende hoof van Magnified Designs in Roodepoort. Die maatskappy spesialiseer in die vervaardiging van padtekens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wessel ·

Wonder of dit nie dalk weer een van Malema se trawante is wat probeer het om hom te help nie.

Afrikaner ·

Ha Ha Ha Hahahhhaaaaa….. Ja nee,, kyk nou maar net hoe dom van hul is, ek voel vir hom,,,,, nee, ek doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.