‘Koperdiewe’ doodgeslaan

crime-scene-tape-320x191Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle koperkabels gesteel het, is deur gemeenskapslede doodgeslaan in Tweefontein naby KwaMhlanga, Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans is deur woedende gemeenskapslede ontvoer en aangerand. Hy sê die mans is na die aanranding na die Kwaggafontein-kliniek geneem waar hulle dood verklaar is. Verpleegsters het die polisie ontbied. Mohlala sê twee mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval en sal binnekort in die KwaMhlanga-landdroshof verskyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Stel hierdie mens in die SAPD aan en laat hulle misdaad bekamp. Die polisie is nie in staat om dit te doen nie, maar deel van die misdaad probleem.

Angelus ·

Segnet hulle moet die een polisieminister en die ander een kommissaris maak om leiding te gee!.
Soos jy daar se vuurtjie goeie nuus vanoggend so met die intrap!

JAVR ·

Seg net dis sommer ‘n teer sakie wat jy aanraak by my vanoggend! Die flippen witmense kan nie saamstaan nie omdat almal dink sy denke is die regte denke! Was gisteraand by ‘n vergadering om ons gebied te beveilig en dit is maar in die saad stadium! Eerste vergadering om te bespreek wil ons of wil ons nie! Wat doen party???? Skop bek op omdat hulle 200 of 300m verder moet ry om in te gaan, verskoning….petrol kostes! Ag hel nee man, al keuse wat jy eintlik het is wil jy ‘n vervlakste misdaad statistiek wees of nie!!!! Maak my so de hel in!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.