Kopiereg vir verjaarsdagliedjie betwis

‘n Video waar die Chipmunks die liedjie sing volg onderaand die berig. ‘n Dokumentêre rolprentvervaardiger dagvaar ‘n uitgewersarm van Warner Music Group nadat die maatskapy ‘n fooi van $1 500 (sowat R15 000) gehef het om die liedjie “Happy Birthday” in haar rolprent oor die liedjie se geskiedenis te gebruik.

Courthouse News Service het Vrydag berig die hofsaak is Donderdag in New York deur Good Morning to You-vervaardigers ingedien wat aanvoer dat Warner/Chappel Music “verkeerdelik en onwettig” aanspraak maak op die kopiereg op dié liedjie. Indien die eis in die hof toegestaan word, kan die uitgewersreus gedwing word om miljoene dollar terug te betaal aan maatskappye wat in die verlede gedwing is om te betaal om die liedjie te gebruik.

Volgens die hofdokumente is die liedjie oorspronklik in 1893 as ‘n kleuterskoolliedjie, Good Morning to You, gekomponeer en dat die kopiereg reeds in 1921 verval het.

Warner se eis is gebaseer op begeleiding vir die liedjie wat spesiaal vir ‘n klavier geskryf is en dié kopiereg is in 1935 bekom. “Die fooi kan slegs vir daardie spesifieke klavier-begeleiding gehef word,” volgens die hofdokumentasie. “Meer as 120 jaar nadat die melodie, wat gebruik word om “Happy Birthday to You” te sing, dring Warner Chappell verkeerdelik en onwettig daarop aan dat hy die kopiereg besit.”

Warner het glo die regte tot dié liedjie bekom toe hy in 1988 $25 miljoen betaal het om Birchtree Ltd te bekom, ‘n klein maatskappy wat aangevoer het dat hy eienaarskap van die liedjie besit. Die maatskappy het teen laat Vrydag nog nie op die hofsaak reageer nie.
http://youtu.be/wFh-rX_Sfhs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.