Koreaanse motor dra SA kroon

Hyundai Elantra 1.8 GLS

ʼn Koreaanse motor het Woensdagaand vir die eerste keer met die louere van Suid-Afrika se motor van die jaar weggery.

IOL berig dat die Hyundai Elantra 1.8 GLS gisteraand tydens ʼn spoggeleentheid as die wenner aangewys is. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ), Danie van Jaarsveld, het gisteraand voor die aankondiging die versekering gegee dat daar vanjaar net een wenner sal wees nadat die BMW 520d en VW Polo 1.6 TDI verlede jaar die eer te beurt geval het. Die Hyundai Elantra 1.8 GLS sal jou R224 900 uit die sak jaag vir die vir die ses-spoed handrat model. Die SAGMJ bied sedert 1986 die kompetisie aan. Die SAGMJ het vanjaar ook vir die eerste keer die punte wat aan elk van die finaliste toegewys is, bekendgemaak.

Só het die punte gelyk:

1. Hyundai Elantra 1.8 GLS – 230

2. Kia Picanto 1.2 EX – 155

3. VW Jetta 1.4 TSI 118kW – 141

4. Suzuki Kizashi 2.4i SDLX – 49

5. Alfa Romeo Giulietta 125kW – 48

6. Audi A6 3.0 TDI S – 30

7. Ford Focus 2.0 TDCi – 27

8. Citroën DS4 1.6 THP 200 Sport – 22

9. Peugeot 5008 Active 2.0 HDi – 20

10. Mercedes-Benz SLK 350 – 3

Vorige wenners:

1986 – Toyota Corolla GLi

1987 – Mercedes-Benz 260E

1988 – BMW 735i

1989 – Toyota Corolla GLi

1990 – BMW 525i

1991 – Opel Monza 160 GSi

1992 – Nissan Maxima 300 SE

1993 – BMW 316i

1994 – Opel Kadett 140

1995 – Opel Astra 160iS

1996 – Audi A4 1.8

1997 – BMW 528i

1998 – Ford Fiesta Fun

1999 – Alfa Romeo 156 2.0 T-Spark

2000 – Renault Clio 1.4 RT

2001 – BMW 320d

2002 – Audi A4 1.9 TDI

2003 – VW Polo 1.4 TDI

2004 – Renault Megane 1.9 dCi

2005 – Volvo S40 2.4i

2006 – Audi A3 Sportback 2.0T

2007 – Honda Civic 1.8 VXi Sedan

2008 – Mazda2 1.5

2009 – Honda Accord 2.4

2010 – VW Golf 6 1.4 TSI

2011 – BMW 520d en VW Polo 1.6 TDI

 

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.