Korkie-gyselaarsdrama: “Groep is hardekop”

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van die humanitêre welsynsorganisasie Gift of the Givers wat besig is met onderhandelinge om die Bloemfonteinse onderwyser, Pierre Korkie, se vrylating te bewerkstellig, het Vrydagoggend aan JacarandaFM gesê die groep is “hardekop”.

Die organisasie het laat Donderdagaand die groep ontvoerders, wat glo bande met Al-Kaïda het, gebel en probeer onderhandel vir uitstel, aangesien hulle nog nie oor die volle losprys beskik wat die groep eis nie. Die groep eis $3 miljoen (byna R32.5 miljoen) teen vandag [Vrydag]. Sooliman het gesê hulle was nie suksesvol om meer tyd te verseker nie, en dit is nou in die hande van die ontvoerders wat hulle volgende gaan doen. Die organisasie behoort tussen Vrydagmiddag en Saterdagoggend te weet wat die groep se volgende stap is.

Pierre Korkie se vrou, Yolande, wat saam met haar man in Jemen ontvoer is, is verlede Vrydag vrygelaat sonder dat daar ʼn losprys vir haar betaal is. Sy het Donderdag in Johannesburg tydens ʼn perskonferensie ʼn pleidooi gelewer vir haar man se lewe.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.