Korrupsiepersepsie-indeks: “Zumafikasie van die regering korrupteer staatsdiens”

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Foto: GCIS

Die blaam vir die groeiende korrupsie in Suid-Afrika behoort vierkantig voor die deur van pres. Jacob Zuma geplaas te word. Dit is die standpunt van die sakeregtewaghond AfriSake nadat Transparency International se jongste korrupsiepersepsie-indeks toon dat Suid-Afrika verder op hierdie barometer teruggesak het. In 2010 was Suid-Afrika in die 54ste plek. Nou lê ons op nommer 72 uit 177 lande.

Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, bevestig die Transparency International-verslag dat Suid-Afrika sedert die aanvang van pres. Zuma se ampstermyn in ʼn afwaartse korrupsiespiraal vasgevang is. “Die land strompel van die een korrupsieskandaal na die ander en die president se naam word by vele van hierdie skandale betrek. Die staatsdiens volg eenvoudig sy voorbeeld,” het Jansen van Rensburg gesê.

Volgens Jansen van Rensburg is daar ʼn “vat alles”-mentaliteit onder staatsamptenare, met die armste Suid-Afrikaners wat die ergste daaronder deurloop. Miljoene mense sit sonder werk en huise, en hulle het gebrekkige toegang tot water en ander dienste terwyl owerheidsamptenare die staatskas stroop.

Korrupsie verhoog nie net sakekoste nie maar ondermyn langtermyn-sakevertroue en verstadig ekonomiese groei. Boonop maak dit voornemende en bestaande beleggers onseker oor die deursigtigheid van regeringsprosesse en verantwoordbaarheid van regeringsamptenare.

Volgens Jansen van Rensburg is ‘n korrupte staatsadministrasie nie net skuldig aan die diefstal van openbare fondse nie maar dit is gewoonlik ook die voorloper tot skending van ander regte.

AfriSake sal in die komende jaar daarop fokus om korrupte staatstransaksies te ondersoek en dit waar moontlik met behulp van die regstelsel teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

Kom anc ek dink julle kan baie beter. Nog net 105 plekke om te sak dan het julle jul doel bereik. Dan sal zumpie en sy trawante tevrede wees want dan is hulle skatryk gesteel.

dilligaf ·

Eenmaal uit gevang as ‘n skelm en toue getrek om President te word nou beskerm al sy skelm maats hom. Boere raad sny die slang se kop af dan is hy geen problem. Want hy is die president van bedrog en almal om hom ding dit is die norm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.