Koster-plaasmoordenaars kry lewenslank

Twee mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord van ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in Koster in Noordwes. ʼn Derde beskuldigde is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis, het Beeld Vrydag berig.

Samson Sihlangu, Tshepang Moumakwa en Johnny Maema is Woensdag in die Mogwase-rondgaande hof gevonnis. Hulle is skuldig bevind aan die moord op Marthie Erasmus (63) en haar man Chris (62) op hul plaas Hartbeesfontein in Desember 2010. Die egpaar is gemartel en aangerand. Marthie is onder meer met ʼn hamer doodgeslaan, verwurg en met ʼn skerp voorwerp gesteek. Chris het aanvanklik die plaasaanval oorleef, maar het ʼn maand later gesterf.

Sihlangu en Moumakwa het lewenslange tronkstraf gekry, en Maema is tot 18 jaar gevonnis vir sy rol in die aanval.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Die vraag is of hulle lewenslank sit? hulle geniet alle voordele binne..maar hulle slagoffers se lewe is verby

Oor 3 jaar kry hulle weer amnestie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.