Kotzé het geglo sy huwelik was ‘heilig’

Johan Kotzé in die hooggeregshof in Pretoria saam met sy medebeskuldigdes Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag gehoor dat Johan Kotzé, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, geglo het sy huwelik was heilig.

Tertia Spannenberg, ʼn kliniese sielkundige, het getuig dat Kotzé geglo het dat sy seksuele verhouding en huwelik met Ina Bonnette heilig was. “Wanneer hy sy seksuele verhouding met sy vrou bespreek het, het hy baie beleefde terme gebruik.” Spannenberg sê dit is om die rede dat Kotzé so ontsteld was toe Bonnette ʼn vibrator aan hom gegee het tydens ʼn argument op 3 Januarie 2012. Kotzé het getuig dat Bonnette die vibrator op die tafel gegooi en aan hom gesê het om dit op sy volgende vrou te gebruik. “Sy morele struktuur is aangeval. Dit is ‘n totale skending van hoe moreel hy is.”

Spannenberg sê hoë moraliteit is kenmerkend van iemand met ʼn narsistiese persoonlikheidsversteuring. Sy het bevind Kotzé ly hieraan. Spannenberg sê Kotzé het homself na die argument gedistansieer. Spannenberg het Kotzé in Oktober 2012 die eerste keer behandel. Die onderhoud het sowat vier uur geduur. Spannenberg het bevind dat Kotzé nie aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie. Sy sê Kotzé was obsessief oor Bonnette. Die saak duur Maandag voort.

Kotzé word daarvan beskuldig dat hy drie mans gehuur het om sy vervreemde vrou te verkrag en te martel. Kotzé het glo ook Bonnette se seun, Conrad (19), doodgeskiet.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Ina Bonnette is net so skuldig aan hierdie mislukte huwelik en die gevolglike dade van Johan Kotze. Nou moet Joahn alleen pa staan vir moord en die ander klagtes. Hy moet vrygespreek word of Ina moet mede-skuldig bevind word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.