Koudste nag nog ooit

 

Argieffoto

Argieffoto

Deur 32 jaar se satellietgegewens na te gaan, het NASA pas bekend gemaak dat die koudste temperatuur wat nog op aarde gemeet is, op 10 Augustus 2010 naby die suidpool voorgekom het.

Die kwik het tot minus 93,2 grade Celsius gedaal. Die amptelike rekord vir die laagste temperatuur, minus 89,2 grade, is in 1983 in dieselfde omgewing gemeet.

Die plek is baie hoog bo seespieël en ver van die kus.

Dit is nie bekend of die Wêreld Metereologiese Vereniging die nuwe rekord sal erken nie.

Die oudste bewoonde plek op aarde is in die noordooste van Siberië waar minus 68 grade in 1892 en weer 1933 gemeet is. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.