Koue bier ná haai hom aanval, en hy self wond toewerk

James Grant Foto: NYDaily News

James Grant Foto: 3News/NYDaily News

James Grant (24) van Nieu-Seeland het ʼn haai met ʼn duikmes afgeweer voordat hy sy eie wond toegewerk en toe na ʼn kroeg is vir ʼn bier, het media Dinsdag berig.

Grant, ʼn mediese dokter, is Saterdag in die vlak water by Garden Bay aangeval, berig www.stuff.co.nz. Grant het saam met vriende gaan visjag toe die haai hom gebyt het. “Ek het met hom baklei. Ek het hom ʼn paar keer gesteek. Die lem was egter nie lank genoeg nie,” het hy gesê.

Sy vriende wou hom nie glo toe hy sê hy is aangeval nie. Hy is uit die water en het sy wonde met ʼn naald en garing uit sy noodhulptassie toegewerk.

“Ek is dankbaar ek het so ʼn dik duikpak aangehad,” het Grant gesê.

Op pad na die hospitaal in Invercargill, sowat 70 km ver, het hulle eers vir ʼn bier gestop. “Hy is daarna na die hospitaal vir behandeling,” het Frederique Gulcher, woordvoerder van die Southland-hospitaal in Invercargill, gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

WoW!!! Dapper mannetjie daai. ‘n Haaibyt kry hom nie sommer onder nie. En as ‘n man dors word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.