Eskom het bykans sy volle opwekkingsvermoë gisteraand bereik te midde van die kouefront wat die land in sy greep het.
RSG berig die kragverbruik tydens spitstyd gisteraand was meer as 36 556 megawatt, terwyl Eskom se kapasiteit 37 774 megawatt is. Eskom het gesê die hoogste verbruik is tussen 17:00 en 19:00 wanneer baie mense ná werk tuis kom.
Die kragvoorsiener het gesê die beplande instandhouding by sy kragstasies bly ‘n prioriteit om onbeplande kragonderbrekings te voorkom.