Koue front kuier tot Dinsdag in Kaap

Foto deur die gebruiker @biancahaarhoff op Twitter gelaai

Die koue front wat die Wes-Kaap in sy greep beet het, sal na verwagting tot Dinsdag voortduur.

“Aanhoudende reën kan die hele Maandag in die George-omgewing verwag word, en dit sal tot Dinsdag voortduur,” het Bransby Bulo van die Suid-Afrikaanse Weerdiens Maandag gesê.

Volgens die weerdiens kan koeler weer in die suide van Gauteng, KwaZulu-Natal en Vrystaat verwag word.

“Die res van die land gaan gunstige weerstoestande ervaar, alhoewel koeler weer daar ook verwag kan word,” het Bulo gesê.

Maroela Media het Sondag berig Chapman’s Peak-rylaan moes gesluit word, en meer as 2 000 mense is dakloos gelaat ná ‘n koue front en storms Kaapstad Saterdagaand getref het.

Klik hier vir meer inligting en om foto’s daarvan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.