Koue winter wag, waarsku Eskom

Brian Dames, Eskom se hoof uitvoerende beampte, het Maandag verbruikers versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om wydverspreide kragonderbrekings die winter te verhoed.

Volgens Dames moet beplande instandhoudingswerk die winter gedoen word om seker te maak dat die ligte aan bly.

“Dit is werk wat ons nie kan uitstel vir die duur van die winter nie. In die verlede sou ons nie gewoonlik soveel beplande instandhoudingswerk gedoen het nie, maar dit is noodsaaklik,” het Dames gesê. “Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat daar genoeg krag is, maar kragonderbrekings kan voorkom as daar ‘n grootskaalse tekort dreig,” het hy gesê.

Dames het verbruikers versoek om gedurende spitstyd (tussen 17:00 en 21:00) alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel. Hulle sê as almal saamwerk, behoort die ligte dié winter aan te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.