Kovsie-sekuriteit die probleem, nie ras nie – AfriForum Jeug

Die Universiteit van die Vrystaat Foto: alumni.ufs.ac.za

Die Universiteit van die Vrystaat Foto: alumni.ufs.ac.za

Die insident waartydens die student by die Universiteit van die Vrystaat, Muzi Damani Gwebu, aangerand is, is nie ʼn rassekwessie nie, maar wel ʼn bewys dat die sekuriteit op die kampus veel te wense oorlaat.

Dit is die mening van Willie de Waal, takvoorsitter van AfriForum Jeug Kovsies. “AfriForum Jeug keur die geweld ten sterkste af en veroordeel die optrede van al die betrokkenes. Maar dis juis die punt: daar is meer as een kant aan hierdie storie. Geen konfrontasie tussen studente, veral waar daar drank by betrokke is, is ooit net eensydig nie. Daarom versoek ons dat `n volledige ondersoek gedoen moet word om die ware verloop van sake aan die lig te bring.”

“SASCO se pogings om hierdie insident op te blaas en vir politieke gewin te benut, is onverantwoordelik en polariserend,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê. “Rasse-onmin is so reg in hulle kraal, want dit trek die media se aandag en kry steun van militante ondersteuners. Intussen verreken SASCO nie die skade wat hulle gewone studente en die universiteit berokken nie.”

Maree het daarop gewys dat ‘n damestudent en haar vriend verlede jaar voor haar koshuis met ‘n vuurwapen aangehou en beroof is, maar dat daar niks van gekom het nie. Hoewel dit ʼn baie ernstiger misdaad was, het dit nie SASCO of die owerhede se aandag getrek nie.

Afriforum Jeug moedig studente aan om by die Kovsie-tak aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Na aanleiding van die aanranding by vrystaat universiteit> Wit mense moet onthou, witmense is die enigste wat ooit rassisties is, swart mense nooit. Daarom dat niks gese is toe die damestudent aangehou is met wapen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.