Kovsie-student voor koshuis aangeval en beroof

Roosmaryn-koshuis by die Universiteit van die Vrystaat

Alta Rall, ʼn eerstejaarstudent by die Universiteit van die Vrystaat en haar vriend is Sondagaand in haar geparkeerde motor voor Roosmaryn-koshuis aangeval en beroof.

Die universiteit het die voorval as skokkend vir die universiteitsgemeenskap beskryf, berig OFM. Lacea Loader, woordvoerder vir die universiteit, het gesê sekuriteitsmaatreëls is sedertdien op die kampus verskerp. “Addisionele sekuriteitswagte is by die koshuis ontplooi en ʼn voltydse sekuriteitswag is by die toegangshek in Badenhorststraat aangebrind,” het Loader gesê. ʼn Draaihek sal glo ook by die voetgangershek installeer word en ʼn spreilig sal aangebring word om swak beligte areas rondom die koshuis te belig.

Beide Rall en haar vriend is ongedeerd.

Polisieverteenwoordigers en ʼn private vervoer- en veiligheidsmaatskappy sal ondersoek instel om te bepaal of daar enige verdere veiligheidsmaatreëls is wat in plek gestel moet word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.