Kovsie-student wreed verkrag ná kaping

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval en verkragting op ʼn student van die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) nie.

Die 18-jarige student en haar vriend (22) is Donderdagaand in Vistapark in Bloemfontein deur twee mans gekaap. Die kapers het die man glo aangerand en met ʼn hamer aangeval en vir dood agtergelaat.

Kaptein Harry Nagel, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die man was vir ʼn ruk lank bewusteloos, en het hulp ontbied ná hy bygekom het.

“Die polisie het dadelik al hul eenhede ingelig om op die uitkyk te wees vir die gekaapte voertuig,” het Nagel gesê.

Die kapers het die student glo vyf keer op twee verskillende plekke verkrag. “Beamptes van die blitspatrollie het uiteindelik die gekaapte bakkie opgemerk, waarna die twee verdagtes probeer wegjaag het. Die polisiebeamptes het die kapers agternagesit en skote gevuur. Die kapers het met die voertuig teen ʼn heining gebots en te voet van die toneel gevlug. Die student is in die voertuig gekry, maar buiten die verkragting, is sy nie in die ongeluk beseer nie,” het Nagel gesê. Die student kon nie haar verkragters sien nie, want hulle het haar gesig met ʼn baadjie toegedruk en dit was donker.

Die student ondergaan berading met behulp van die universiteit. Die man is in die hospitaal behandel vir ʼn skedelbreuk.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping, verkragting en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Somerset Morkel ·

Hoe kom sulke mense gereeld so maklik weg, te voet? Is die polisie bang om hulle agterna te sit?

Miss Knysna ·

Hulle kom maklik weg omdat die polisie is te vrot om te hardloop, die hele spul is oorgewig en onfuks (unfit)

Debbie Biermann ·

Hang hulle sodra hulle gekry word…peste soos daai moes uitgeroei word,wortel en tak!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.