Krag dalk binnekort skokkend duur

Koeberg-kernkragstasie

Tariefverhogings wat in ‘n vertroulike Eskom-dokument genoem word, is aan die media uitgelek.

Hilary Joffe, woordvoerder vir Eskom, sê die verhoging van 14.6% jaarliks oor die volgende vyf jaar was bloot ‘n voorstel aan die nasionale tesourie en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, berig The New Age. Dié twee organisasies het glo 40 dae gehad om kommentaar te lewer oor die voorstel voordat die finale aansoek by die nasionele energiereguleerder (Nersa) ingedien sou word. “Ons het nie die finale getalle nie en respekteer die konsultasieproses,” het Joffe gesê. “Wanneer die dokument aan Nersa voorgelê word, sal dit publiek beskikbaar wees.”

Reuters nuusagentskap het Vrydag berig dat hulle oor ‘n dokument beskik wat die voorgestelde verhogings aandui. Die dokument is glo “streng vertroulik” gemerk. Brian Dames, hoof uitvoerende beampte van Eskom, het glo meer as R1 triljoen oor vyf jaar versoek. Die fondse sal glo vir uitbreidings, insluitend die bou van nuwe kragstasies, aangewend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.