Krag-sabotasie is “terrorisme”

elektrisiteit 3Faith Mazibuko, LUR vir veiligheid in Gauteng, het Vrydag gesê die optrede van werknemers wat die elektrisiteit by substasies in Johannesburg afgeskakel het, is gelykstaande aan terrorisme.

“As provinsiale regering is ons kwaad, en wat gebeur het is terrorisme,” het Mazibuko aan verslaggewers gesê. Sy sê die saak word deur verskeie agentskappe, insluitend die Valke, ondersoek. Sy sê die skuldiges het ander mense se lewens in gevaar gestel.

Sicelo Xulu, besturende direkteur van City Power, het gesê daar is met ‘n paar skakelaars by ‘n aantal substasies gepeuter. “Daar was nie geforseerde toegang nie, wat beteken dat iemand dit eenvoudig afgeskakel het,” het Xulu gesê.

Veiligheidsmaatreëls is intussen by verskillende substasies ingestel om seker te maak dat die kragonderbrekings nie weer gebeur nie.

Lenasia, Alexandra, Randburg en sommige gedeeltes in die Johannesburgse middestad word steeds deur die kragonderbreking geraak.

“Kriminele klagte sal gelê word,” het Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, gesê. Hy sê die arbeidsverhoudingeproses moet gerespekteer word, maar ‘n situasie waar inwoners sonder elektrisiteit gelaat word, kan nie toegelaat word nie.

Die Wes-Rand en dele in die noorde van Johannesburg het kragonderbrekings ervaar nadat ‘n paar honderd werknemers van City Power Woensdagmiddag begin staak het. City Power sê die staking word nie deur vakbonde gelei nie. Die werknemers is ontevrede oor ‘n nuwe skofsisteem wat ingestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Seg Net ·

Daar is verseker nie net ‘n paar skakelaars afgesit nie. Daar is baie meer as dit agter hierdie storie, Waarom dit probeer wegsteek?

Kaspaas Breekwater ·

Ek is verbaas dat ‘n terroriste organisasie ‘n probleem het met terrorisme.

sarel du plessis ·

Dit het hulle nou van te veel arbeidswette war werkers beskerm

Seg Net ·

Sien my kommentaar is nie geplaas nie. Seg dus weer. Hierdie is nie net ‘n paar skakelaars wat afgesit is nie. Daar is baie meer as dit agter die hele storie. Waarom dit wegsteek? Sabotasie deur ‘n geregistreerde wettig terroristiese organisasie soos die EFF?

Eben ·

Faith Mazibuko weet jy wat is terroriste? Kyk na jou kurrupte regering hulle is. Lewens in gevaar WTF …. dis net mandela s’n wat aan die lewe gehou word met masjiene. Nee wat julle is te slapgat om die mense te vang, die publiek gaan weer gevra word om te help met inligting …. doen julle werk self!!

Gawie Botha ·

Ek het mos lankal daai ding gese,,,,Die “Unions en Jeugligga” van die meerderheidbevolking,is in beheer van die regring van die dag,,en laasgenoemde kan nie eers met hulle “hande -in -hulle -hare- sit ” nie,want hulle koppe is kaal geskeer!

vuurvreter ·

Hulle verwoes als. Die land is klaar in sy muhr maar hulle breek die laaste paar dinge wat oor is. Plein breinlose idiote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.