Pres. Jacob Zuma is vol vertroue dat Eskom se multimiljard-randse projekte sal verseker dat elektrisiteit regdeur die koue sal aanbly, ten spyte van die ekstra druk wat deur die koue veroorsaak word.
Zuma en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het Vrydag die Medupi-kragstasie in Limpopo bygewoon en gesien hoe die eerste verwarmingsketels getoets word, het EWN berig. Zuma het bygevoeg dat die bou van nuwe kragstasies die toenemende vraag na elektrisiteit sal aanspreek. “Eskom spandeer R340 miljard op sy projekte, wat dit die grootste infrastruktuur-beleggingsprogram in Suid-Afrika maak,” het hy gesê. Zuma doen ʼn beroep op elkeen om steeds krag so ver as moontlik te bespaar.