Kragonderbreking in Kaapstad verwag

Dele van Kaapstad sal die naweek kragonderbrekings ervaar terwyl ‘n substasie opgradeer word.

“Die kragonderbreking sal van 22:00 Saterdagaand tot 08:00 Sondagoggend plaasvind,” het Kylie Hatton, woordvoerder van die stad, gesê. “Capri Village, Sunnydale, Sun Valley, Fairy Knowe, Noordhoek, Lake Michelle en Monkey Valley sal hierdeur geraak word.”

Hatton sê die kragonderbreking is deel van ‘n R21 miljoen opgradering van die gebied se elektrisiteitsinfrastruktuur, as gevolg van ‘n verhoogde aanvrag van die Masiphumelele-informele nedersetting, ‘n aftreeoord, ‘n nuwe behuisingontwikkeling en ‘n toekomstige behuisingontwikkeling. “Om veiligheidsredes word klante aangeraai om alle elektrisiteitsinstallasies as lewendig te hanteer vir die volle duur van die onderbreking, aangesien die elektrisiteitstoevoer enige tyd aangeskakel kan word sonder waarskuwing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.