Kragtoevoer onder druk, waarsku Eskom

Elektrisiteitsvoorsiening is onder druk terwyl Eskom pogings aanwend om die agterstand in instandhoudingswerk by kragstasies in te haal.

Die SABC berig Eenheid Twee van die Koebergkragstasie lewer nie krag aan die netwerk nie omdat instandhoudingswerk daarop uitgevoer word. Elektrisiteitsvoorsiening vanaf die Cabora-Bassa stelsel in Mosambiek het ook afgeneem as gevolg van ‘n transmissiefout.

Eskom het die kragnetwerk as wisselvallig bestempel en doen ʼn beroep op die publiek om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.