Kragvoorsiening is beter, sê Eskom

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdag gesê die kragvoorsiening het effens verbeter, maar die noodprotokol is steeds van krag.

“Die situasie het sedert Dinsdag verbeter en die kragvoorsiening is in dié stadium voldoende,” het Andrew Etzinger, woordvoerder vir Eskom, gesê.

Eskom het Dinsdag ʼn noodtoestand aangekondig weens die verlies van bykomende eenhede van die kragstasienetwerk en die uitgebreide gebruik van noodreserwes. Klik hier om meer te lees.

Etzinger sê die samewerking van nywerheidsklante het daartoe bygedra dat die kragvoorsiening stabiliseer het, nadat hulle versoek is om hul verbruik met 10% te verminder.

“Die noodtoestand wat ons Dinsdag aangekondig het, is steeds van krag, maar ons hersien dit op ʼn deurlopende basis.”

Eskom het Woensdag gesê hy verwag dat die stelsel tot volgende Vrydag “uiters beperk” sal wees. “Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak dat ons voldoende noodreserwes het en dat ons genoeg water-, steenkool- en dieselvoorraad het om bykomende risiko te beperk.”

Eskom doen ʼn beroep op verbruikers om krag te bespaar deur swembadpompe, geysers, lugverkoeling en onnodige ligte af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rondom Lelik ·

Daar kan krag bespaar word. Hoeveel geboue en hier sluit ek ALLE regeringsgebou se ligte in wat 24/7/365 aangeskakel bly. Werk slegs weeksdae 8 vm tot 4.30mn. So ook van die straatligte wat in die dag brand. Hoeveel krag word daar nie by informele nedersettings gesteel nie?

Peter Says ·

Rondom lelik, 100% word by die informele nedersettings gesteel, daar is nie meters in hulle “shacks” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.