Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand

Radovan Krejcir Maandag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir Maandag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir het Maandag tydens sy borgtogaansoek in die Palm Ridge-streekshof in ʼn verklaring beaam dat hy deur polisiebeamptes gemartel is toe hy op 22 November in hegtenis geneem is.

Krejcir beweer hy is in ʼn polisievoertuig ingeboender waarna hy na ʼn afgeleë gebied geneem is ná sy inhegtenisneming by sy huis in Bedfordview, Johannesburg.

Hy het gesê sy oë is toegebind, en sy hande is vasgeboei. “Hulle het my forseer om te kniel. Hulle het my gemartel deur my te skok en die boeie om my arms is stywer vasgemaak,” lui Krejcir se verklaring.

Hy sê ʼn plastieksak is toe oor sy kop getrek. Ná nagenoeg 90 minute se beweerde marteling het hulle glo met Krejcir in die vangwa deur Johannesburg en Sandton se strate gery. Hy is glo eers ses ure nadat hy in hegtenis geneem is, na die polisieselle geneem.

Krejcir het gesê hy het aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord teen die polisiebeamptes aanhangig gemaak.

Krejcir, Desai Luphondo en twee beamptes van die Valke, Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane het saam in die hof verskyn. Die mans word aangekla van aanranding, poging tot moord en ontvoering. Die aanklagte hou verband met ʼn voorval in Junie.

Intussen het Maropeng (41) en Nthoroane (46) in hul verklaring gesê Krejcir se bewering, dat hulle betrokke is by kriminele misdrywe, is vals. In hul verklarings om hul borgtogaansoek te ondersteun het hulle gesê die bewerings is vals.

“Wat hy ook al in sy verklaring oor ons betrokkenheid by kriminele misdrywe gesê het, is onwaar,” het hulle aangevoer.

Maropeng en Nthoroane, wat aan die Oos-Randse georganiseerdemisdaad-eenheid verbonde is, is op 26 November in hegtenis geneem. Hulle het aangedui dat hulle borgtog van R5 000 sal kan bekostig.

Nthoroane werk al vir die afgelope 18 jaar vir die polisie en Maropeng is al 21 jaar lank ʼn lid van die polisie.

Luphondo het in sy borgtogaansoek aangevoer dat die polisie hom by sy huis aangerand het voordat hulle hom in hegtenis geneem het. In ʼn beëdigde verklaring het sy seun beweer dat gewapende polisiebeamptes sy pa aggressief behandel het en hom aangerand het, ten aanskoue van sy familie. Luphondo het ontken dat hy enige misdrywe gepleeg het.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Hierdie ou gaan al die trieks in boek uithaal plus nog so paar.

Peter Says ·

Jasper, te wyte aan sy “no care” houding op die nuuskanaal, en sy onuitputbare bron van geld, sal hy waarskynlik loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.