Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif

Radovan Krejcir Maandag voor sy verhoor begin het. Foto: @GillianPillay / Twitter

Radovan Krejcir Maandag voor sy verhoor begin het. Foto: @GillianPillay / Twitter

Die borgtogverhoor van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en twee lede van die Valke is Maandag van die distrikshof na die streekshof in Alberton verskuif.

Landdros Geo Martini het Maandag in die Palm Ridge-landdroshof aangevoer ʼn hoër hof moet ʼn besluit maak oor die aansoek om borgtog.

Nadat dié besluit aangekondig is, het ʼn ander landdros, Reginald Dama, die media toegelaat om hul selfone te gebruik en foto’s binne die hofsaal te neem. Tydens verlede week se hofverskyning moes die media die hofsaal verlaat weens veiligheidsredes.

Maroela Media het vroeër berig streng veiligheidsmaatreëls word by die Palm Ridge-landdroshof toegepas.

Polisiebeamptes, die Ekurhuleni-metropolisie en veiligheidsbeamptes van privaat maatskappye het Maandagoggend elke voertuig deursoek voor dit in die hof se parkeerterrein toegelaat is. Slegs geakkrediteerde mense is binne die hofsaal toegelaat. Lees meer hier.

Die saak duur voort

Lees ook:
Streng veiligheid by Krejcir-verhoor
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.