Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir en sy drie medebeskuldigdes het glo die staatsaanklaer en ‘n getuie in hul aansoek om borgtogaansoek gedreig, het die Palm Ridge-streekshof Maandag gehoor.

Landdros Reginald Dama het Maandag getuienis aangehoor van Mashudu Freddy Ramuhala, die ondersoekbeampte. Volgens Ramuhala het Krejcir en sy medebeskuldigdes die staatsaanklaer, Louis Mashiane, en ‘n getuie gedreig. Ramuhala het die twee verklarings aan die hof voorgehou.

Staatsaanklaer Louis Mashiane het in ‘n verklaring gesê hy het twee weke gelede ‘n oproep van ‘n privaattelefoonnommer ontvang en die persoon het hom aangesê om nie borgtog teen te staan in die Krejcir-saak nie. “Die persoon het gesê as ek weet wat goed is vir my, sal ek nie borgtog teenstaan nie.”

‘n Onbekende getuie het in ‘n verklaring gesê Desai Luphondo, een van die beskuldigdes, het glo ‘n anonieme man uit die tronk gebel en gesê hy weet die getuie is die een wat veroorsaak het dat die inhegtenisneming plaasvind. Die getuie is glo aangesê “hulle gaan hom wys”. Die getuie het glo ook ‘n oproep van ‘n privaattelefoonnommer ontvang waarin ‘n persoon vir hom gesê het hy moet “die wit man uitlos”.

Hulle het gevolglik klagtes gelê by die polisie.

Krejcir, Luphondo en twee lede van die Valke, ao Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane is verlede maand in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering, aanranding en poging tot moord. Die mans het glo in Junie ‘n man, wie se broer slegs as Doctor bekend staan, ontvoer en aangerand. Doctor het glo met ‘n besending van 25 kg tik verdwyn. Doctor sou glo reël dat die dwelms deur doeane gaan by OR Tambo internasionale lughawe en was bestem vir Australië. Doctor se broer is glo ontvoer en vir vier dae lank by Money Point se kantoor in Bedfordview, Johannesburg, aangehou waar hy aangerand is.

Ramuhala het aan die hof gesê die saak teen die vier mans is nie ondersoek nie en is gevolglik gesluit. Die saak is weer in Oktober oopgemaak en is na die nasionale taakspan verwys. Riah Phiyega, die nasionale kommissaris, het dié taakspan aangestel om Krejcir en sy beweerde vennote in die polisie te ondersoek.

Eddie Classen, vir Krejcir, het dit aan Ramuhala gestel dat sy kliënt nie Money Point besit nie. Die onderneming behoort aan ‘n maatskappy en die enigste aandeelhouer is Ronnie Vuma, wat verlede maand in ‘n bomontploffing by Money Point gesterf het.

Classen voer verder aan dat Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova en hul twee seuns nie in November via Nigerië na Mauritius gereis het nie. Die staat beweer hulle het die land onder valse voorwendsels verlaat. Hul paspoorte dui egter glo nie aan dat hulle in Nigerië geland het nie.

Ramuhala se kruisverhoor duur Dinsdag voort.

Lees ook:
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.