Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Die borgtogverhoor van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes hervat weer Woensdag in die Palm Ridge-streekshof.

Krejcir en sy medebeskuldigdes, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane van die Valke, doen tans aansoek om borgtog. Hulle staar aanklagte van ontvoering, aanranding en poging tot moord in die gesig weens  ʼn beweerde dwelmverwante ontvoering.

Krejcir het Maandag in ʼn verklaring gesê hy is nie ʼn vlugrisiko nie en dat hy “hier is om te bly”. Hy voer aan hy is onskuldig. Hy het ook weer beaam dat hy deur polisiebeamptes aangerand is nadat hy op 29 November in hegtenis geneem is. Luphondo het ook aangevoer dat hy onskuldig is en dat polisiebeamptes hom voor sy gesin aangerand het. Die twee lede van die Valke het gesê hulle is onskuldig en ontken dat hul enigsins by Krejcir se misdrywe betrokke is.

Die aanklag van ontvoering hou glo verband met ʼn dwelmtransaksie van R24 miljoen wat skeef geloop het. Die hof het Maandag gehoor dat Luphondo, Maropeng en Mathoroane op soek was na ʼn man dwelmhandelaar, genaamd Doctor.

Doctor, wat by die OR Tambo Internasionale Lughawe gewerk het, moes glo seker maak dat 25 kg metamfetamien (Tik), wat bestem was vir Australië, deur doeane gaan. Doctor het die klaringstrokies aan Luphondo oorhandig, maar die besending het nooit in Australië opgedaag nie.

Die mans het Doctor by sy huis gaan soek, maar hy het spoorloos verdwyn. Hulle het toe na bewering sy broer ontvoer en hom vir vier dae lank by Money Point, Krejcir se onderneming in Bedfordview, aangehou. Die broer is glo aangerand en Krejcir het glo kookwater oor hom uitgegooi.

Krejcir het glo geëis dat Doctor opgespoor moet word, of dat die R24 miljoen, die waarde van die besending, aan hom terugbetaal moet word.

Lees ook:
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.