Krejcir en kie terug in hof

Radovan Krejcir Maandag by die Palm Ridge-landdroshof. Foto. Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir Maandag by die Palm Ridge-landdroshof. Foto. Werner Beukes / SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, Desai Lupondo, en twee lede van die Valke, Samuel Modise Maropeng en Geroge Jeff Nthoroane, gaan na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Nthoraoane (46) en Maropeng (41) het Woensdag vlugtig in dieselfde hof verskyn nadat hulle Dinsdag in hegtenis geneem is.

Krejcir is op 22 November in hegtenis geneem. Hy en Lupondo het verlede week in die hof verskyn maar verrigtinge is in camera gehou vir veiligheidsdoeleindes. Hul saak is tot vandag uitgestel vir verdere ondersoek.

Die aanklagte wat die verdagtes in die gesig staar is nog nie amptelik bekend gemaak nie, maar hou glo verband met ʼn voorval wat in Junie vanjaar plaasgevind het. Hulle word na verwagting van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer, of poging tot moord, aangekla.

Lees ook:
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.