Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir is ‘n geskikte kandidaat vir borgtog, het sy regspan tydens ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer, berig die Saturday Star.

Die aansoek is gebring nadat die Palm Ridge landdroshof Krejcir op 13 Desember borgtog geweier het. Krejcir was nie in die hof toe die nuwe aansoek Vrydag gebring is nie. Francois Roets, Krejcir se regsverteenwoordiger, het aangevoer dat die aanklagte van ontvoering, poging tot moord en aanranding waarop Krejcir en sy medebeskuldigde teregstaan nie skedule vyf oortredings moet wees nie. Roets het verder aangevoer dat Krejcir ‘n geskikte kandidaat vir borg is. Die regter het daarop gewys dat Krejcir vroeër uit Tsjeggië na Pole ontsnap het. Roets het hierop geantwoord dat Krejcir dit uit vrees vir sy lewe gedoen het. “Sy pa is vermoor. Hy is in ‘n tenk vol suur geplaas.” Hy sê Krejcir kan R60 miljoen verloor indien hy vlug. Uitspraak is tot Donderdag voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Ag aarde, regspan. Waarom sal jul die man tog die risiko laat loop om R60,000000 te verloor? As vreemdeling in SA. sal die lewe buite die tronk ook tog uiters vervelend wees. Laat hy sonder sorge bly waar hy is. Maak net sy verhoorkoste duurder. Die mees sekerste van jul inkomste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.