Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir het geen plan om Suid-Afrika te verlaat nie, het die Palm Ridge-streekshof in Alberton Maandag gehoor.

“Hy wil hier bly en is glad nie van plan om hierdie land hoegenaamd te verlaat nie,” het sy prokureur Willie Vermeulen gesê.

Krejcir en sy medebeskuldigdes, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane van die Valke, doen tans aansoek om borgtog. Hulle staar aanklagte van ontvoering, aanranding en poging tot moord in die gesig.

Die aanklag van ontvoering hou glo verband met ʼn dwelmtransaksie van R24 miljoen. Staatsaanklaer Louis Mashiane het die ondersoekbeampte se beëdigde verklaring aan die hof voorgehou. Die hof het gehoor dat Luphondo, Maropeng en Mathoroane op soek was na ʼn man genaamd Doctor.

Doctor, wat by die OR Tambo Internasionale Lughawe gewerk het, moes glo seker maak dat 25 kg metamfetamien (Tik), wat bestem was vir Australië, deur doeane gaan. Doctor het die klaringstrokies aan Luphondo oorhandig, maar die besending het nooit in Australië opgedaag nie.

Die mans het Doctor by sy huis gaan soek, maar hy het spoorloos verdwyn. Hulle het toe na bewering sy broer ontvoer en hom vir vier dae lank by Money Point, Krejcir se onderneming in Bedfordview, aangehou. Die broer is glo aangerand en Krejcir het glo kookwater oor hom uitgegooi.

Krejcir het glo geëis dat Doctor opgespoor moet word, of dat die R24 miljoen, die waarde van die besending, aan hom terugbetaal moet word.

Mashiane sê Doctor se broer is later in Thokoza aan die Oos-Rand opgespoor. Hy was glo erg aangerand.

Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, het vroeër in die hof ontken dat sy en haar familie verskeie vervalste paspoorte besit. “Ek het my Seychelle-paspoort gebruik om in die land te kom,” het sy aan die hof gesê.

Die staat staan die aansoek om borgtog teen.

Lees ook:
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Dis sy weergawe, ek dink, sou hy geleentheid kry, was hy lank reeds land uit.

henk venter ·

Hierdie krimineel op straat skep lewensgevaarlike situasies vir onskuldige mense wat op straat rondloop. Sogenaamde meganiese vuurwapens wat uit voertuie afgevuur word, bom ontploffings en wie weet wat nog? Hou hom in hegtenis en beter deporteer hom na sy geboorteland en kry klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.