Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Palm Ridge-streekshof het Woensdag in die borgtogverhoor van Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes, die staatsaanklaer se versoek om ʼn addisionele verklaring in te dien, afgekeur.

Landdros Reginald Dama het sy beslissing gemaak nadat die verdediging beswaar aangeteken het oor die dokument, waarin die staat repliek lewer oor repliek wat die verdediging gelewer het. Willie Vermeulen, vir Krejcir, het gesê die hof maak nie voorsiening om ʼn repliek op ʼn repliek toe te laat nie.

“Die staat het sy saak Dinsdag gemaak, en alle lede van die verdediging het daarop reageer. Die aard van ʼn aansoek om borgtog laat dit nie toe nie, waar sal ons andersins eindig?” wou Vermeulen weet.

Krejcir, die Tsjeggiese voortvlugtende, se medebeskuldigdes is Desai Luphondo, ʼn eiendomsagent, en twee lede van die Valke, ao Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane. Hulle is verlede maand in hegtenis geneem op aanklag van aanranding, ontvoering en poging tot moord.

André Steenkamp vir Luphondo, en Francois Roets vir Maropeng en Nthoroane, het ook beswaar aangeteken teen die staat se nuwe verklaring. “Waarom is dié nuwe getuienis nie vroeër aan die hof voorgehou nie? Dit beteken dat ons weer repliek moet lewer en dit beteken die beskuldigdes moet langer in aanhouding bly,” het Roets gesê.

Staatsaanklaer Louis Mashiane het die hof uitstel gevra om met die ondersoekbeampte te vergader sodat hy kan reageer op die verklarings wat die verdediging vroeër ingedien het. Hy het aan Dama gesê hy is oorval met aantygings teen die staat deur die verdediging en het dus die reg om repliek hierop te lewer.

Mashiane voer aan die wet laat toe dat die reëls verslap kan word wanneer dit kom by aansoeke om borgtog.

Dama het sy versoek van die hand gewys.

Die borgtogverhoor duur voort.

Lees ook:
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.