Krejcir-moordverdagte vrygelaat

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Die saak teen ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was by ʼn komplot om Radovan Krejcir te vermoor, is Donderdag van die hofrol geskrap.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Brendan Harrison is voorlopig vrygelaat nadat die saak van die hofrol geskrap is. Louw sê die staat het versoek dat die saak uitgestel word. Jack Gerber, Harrison se regsverteenwoordiger, het tydens ʼn vorige hofverskyning gevra dat bewyse teen Harrison na die direkteur van openbare vervolging gestuur word sodat daar ʼn besluit geneem kan word oor die meriete van die saak. Volgens hom het die verdediging teenstrydighede in die bewyse teen Harrison gevind. Harrison het aangevoer dat hy Krejcir in 2009 ontmoet het. Die Saturday Star het vroeër berig dat Harrison in 2011 ʼn werk gekry het by een van Krejcir se voormalige vennote , Michael Arsiotis. Harrison beweer hy het kort hierna doodsdreigemente begin ontvang. Harrison is in hegtenis geneem terwyl hy ʼn sakebesoek aan Suid-Afrika afgelê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.