Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die drie mense wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo beplan het om twee ondersoekbeamptes te vermoor wat by die Radovan Krejcir-saak betrokke is, sal Maandag in die Sandton-landdroshof verskyn.

Die drie verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het, berig EWN. Volgens die uitsaaier is ʼn man Donderdag omstreeks 12:00 by ʼn restaurant in Sandton in hegtenis geneem en ʼn man en ʼn vrou is omstreeks 17:00 by die Road Lodge in Rivonia aangekeer.

Hulle het glo saamgesweer om die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, en kol. Nkosana “Killer” Ximba, van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, te vermoor. Lede van die taakspan wat Krejcir ondersoek was Donderdag by die Road Lodge.

Lt.genl. Solomon Makgale, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die moorde was veronderstel om Donderdag plaas te vind. Makgale sê die mans is onderskeidelik 32 en 33 jaar oud terwyl die vrou 23 jaar oud is. Hy sê die polisie het beslag gelê op verskeie vuurwapens waaronder ʼn R5-aanvalsgeweer, twee 9mm-pistole en ʼn blou lig. Makgale sê daar is ook beslag gelê op ʼn BMW X6, ʼn Nissan-paneelwa en ʼn Toyota Fortuner. Die verdagtes word aangekla van sameswering om moord te pleeg, diefstal en die besit van ʼn gesteelde voertuig.

Intussen het die Johannesburgse hooggeregshof Donderdag Krejcir se dringende aansoek vir heroorweging van die hand gewys nadat sy vorige aansoek om borgtog afgekeur is. Sy regspan sal na verwagting Vrydag by die appèlhof in Bloemfontein aansoek doen om verlof tot appèl oor dié uitspraak.

Krejcir, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane van die Valke is in November in hegtenis geneem en staar aanklagte van ontvoering, aanranding en poging tot moord in die gesig. Hulle het glo in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand. Die man sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel.

Palm Ridge-landdros Reginald Dama het Krejcir se aansoek om borgtog op 13 Desember van die hand gewys. Krejcir bly steeds in aanhouding.

-SAPA

Lees ook:
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.