Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”

Radovan Krejcir, Woensdag in die Palm Ridge-streekshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir, Woensdag in die Palm Ridge-streekshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Palm Ridge-streekshof het Woensdag aangehoor dat die staat nie ʼn saak óf bewyse teen die twee beamptes van die Valke het wat betrek word by die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se saak nie.

Krejcir en sy medebeskuldigdes, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng en ao. George Jeff Nthoroane van die Valke, doen tans aansoek om borgtog. Hulle staar aanklagte van ontvoering, aanranding en poging tot moord in die gesig weens ʼn beweerde dwelmverwante ontvoering van ʼn man van die Oos-Rand, wat ʼn klaer in die saak is.

“Beskuldigde drie en vier [Maropeng en Nthoroane] word deur die ondersoekbeampte verdink dat hulle getuies gedreig het,” het Francois Roets, die twee mans se prokureur, gesê. “Geen sulke bewyse is deur die staat ingedien wat hulle direk of indirek impliseer nie.”

Roets het aangevoer dat sy kliënte nie ʼn vlugrisiko is nie en dat borgtog aan hulle toegestaan moet word. Hulle het enige betrokkenheid by die beweerde misdaad ontken.

Roets het ook aangevoer dat daar geen waarheid in die staat se beweringe steek dat Maropeng vier eiendomme en vier luukse voertuie besit nie. Sy kliënt besit slegs een eiendom en huur ʼn plek in Germiston aan die Oos-Rand. “My kliënt besit net ʼn Nissan Navara, en nie ʼn Maserati, Range Rover en ʼn Mercedes-Benz, soos wat die hof aangehoor het, nie.” Maropeng is ʼn wewenaar wat na sewe kinders moet omsien.

Roets het gesê Nthoroane se vrou is ook ʼn polisiebeampte, en dat Nthoroane ontken dat hy enige ooggetuie gedreig het. “My kliënte is lede van die polisie, sonder enige vorige oortredings. Hulle is nie straatboewe nie.” Roets wou ook weet hoekom sy kliënte eers vyf maande ná die beweerde misdaad in hegtenis geneem is.

Willie Vermeulen, Krejcir se prokureur, het aan die hof gesê sy kliënt sal nie die land verlaat nie en ook nie enige getuie dreig as hy borgtog kry nie. Krejcir het ook alle aanklagte teen hom ontken.

Luphondo se prokureur het vroeër gesê sy kliënt is die enigste broodwinner wat na agt kinders moet omsien en dat borgtog daarom toegestaan moet word. “Die staat beweer hy is ʼn dwelmsmous, maar hy is nog nooit aangekla of in hegtenis geneem vir sulke oortredings nie.” Hy het aangevoer dat daar slegs een klaer in die saak is en dat die staat die geriewe het om die persoon in ʼn getuiebeskermingsprogram te plaas om te verseker dat hy nie leed aangedoen word nie.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.